Verified

Afrikaner employee at Cell-C company commits suicide after getting fired: whites increasingly destitute due to BEE-anti-white labour laws

12:42 Jun 2 2012 Pretoria

Description
Afrikaner employee at Cell-C company commits suicide after getting fired:
May 31 2012 -
SOLIDARITY TRADE UNION MEDIA STATEMENT: n Werknemer van Cell C, wat ’n lid van Solidariteit was, het Dinsdag selfmoord gepleeg nadat hy ’n kennisgewing ontvang het dat hy moontlik afgelê gaan word.
Solidariteit het reeds met die werkgewer in verbinding getree en aangedring dat die afleggingsproses gestaak word en dat die maatskappy moet konsulteer met ál die vakbonde wat lede verteenwoordig wat deur die beplande afleggingsproses geraak kan word. “Intussen moet die werkgewer dringend beradingsdienste beskikbaar stel vir sy werknemers wat dubbele trauma ervaar weens die beplande afleggings en die dood van ’n kollega.”
Luidens mediaberigte beplan Cell C om ongeveer 150 van sy totale werkmag van 1 288 werknemers af te lê as deel van ’n herstruktureringsprogram om die maatskappy se doeltreffendheid te verbeter. Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, het Cell C geen poging aangewend om met die vakbond oor die beplande afleggings te konsulteer soos artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis nie.
“Vakbonde speel ’n belangrike rol in afleggings. Solidariteit volg ’n vasgestelde aksieplan met riglyne en metodes om die impak van afleggings te versag en moontlikhede te ondersoek om afleggings af te weer,” sê Croucamp. Daarbenewens dring die vakbond altyd daarop aan dat werkgewers aan die vaste uitbetalingstydperk van afleggingspakkette moet voldoen, ondersteuning ten opsigte van die uitbetaling van werkloosheidsversekering moet bied, en beradingsdienste aan werknemers beskikbaar moet stel. Werknemers wat afgelê word, moet ook die eerste opsie op vakante poste hê, indien enige poste beskikbaar raak.
“Cell C het skynbaar halsoorkop begin om direk met sy werknemers oor die beplande afleggings te konsulteer en geensins die emosionele impak van ’n afleggingskennisgewing op werknemers in ag geneem nie. Die maatskappy se optrede het waarskynlik alreeds tot die onnodige dood van een werknemer gelei, en die werkgewer moet dus daarvoor verantwoordelik gehou word” sê Croucamp.

http://solidariteitbeweging.co.za/2012/06/01/cell-c-afleggings-solidariteit-lid-pleeg-selfmoord-31-mei-2012/
Credibility: UP DOWN 0