Verified

Farmer Nicolaas Jacobs, 64, rescued injured from car-boot by SAPS: kidnapped by two black males from farm Frisgewaagt

10:10 Dec 3 2011 Nigel South Africa

Description
Farmer Nicolaas Jacobs, 64, rescued from car-boot by SAPS, kidnapped in farm-attack Frisgewaagt, by two black males
2011-12-04 Johan Eybers reports: Johannesburg – Die polisie het ’n 64-jarige boer van Nigel uit sy motor se kattebak gered, etlike ure nadat hy Vrydagmiddag tydens ’n rooftog by sy huis oorval en ontvoer is.
Nicolaas Jacobs is deur sy twee ontvoerders gedwing om sy daaglikse kitsbank-limiet van R1 000 te onttrek.
Hulle het daarna lank met hom rondgery terwyl hulle by sjebiens gekuier het.Beeld het berig Jacobs woon alleen op die plaas Frisgewaagt.
Sy seun Nickie Jacobs (34) sê Jacobs sr. het na die huis gejaag nadat die huisalarm afgegaan het.
Die boewe het hom verskeie kere in die gesig geslaan en vasgebind, sê Jacobs jr.“Die ontvoerders het die huis gestroop en elektriese toerusting en ander goed in sy motor gelaai. Toe het hulle my pa agter in die kattebak gegooi.”
Jacobs sr. het sy arms seergemaak soos hy probeer het om uit die kattebak te kom.Hy is gedwing om geld uit sy bankrekening te onttrek, sê Jacobs jr.“Ons was verskriklik bekommerd omdat niemand geweet het hoe hy verdwyn het nie. Al wat ons geweet het, was dat daar ’n inbraak by sy huis was.”
Hy sê die polisie het teen middernag gebel met die nuus dat sy pa lewend gevind is.“Dit was uiters traumaties vir ons hele gesin,” sê Jacobs jr.Die polisie het inligting ontvang dat Jacobs sr. se wit Opel Astra in Duduza, ’n township buite Nigel, gesien is, sê ao. Madeleine von Wielligh, ’n polisiewoordvoerder.
Die polisie het die motor opgespoor en Jacobs is uit die kattebak gered. Een ontvoerder is in hegtenis geneem en sy makker het weggehardloop. Die aangehoudene sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte van huisroof en ontvoering.
Volgens Jacobs jr. is sy pa te getraumatiseerd om oor die voorval te praat.“Hy is ook nog seer en styf. Ons moes sy beseerde arms ook verbind,” sê Jacobs jr.
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Ontvoerde-boer-in-kattebak-gekry-20111204
Credibility: UP DOWN 0