Verified

Poor-white settlement Filadelfia Ark (90 families) gets indigenous trees, veggie tunnels on its terrain

10:22 Sep 23 2011 Kameeldrift South Africa

Description
Poor-white settlement Filadelfia Ark gets indigenous trees on terrain -
Solidariteit Helpende Hand plant bome by Filadelfia Ark vir Erfenisdag - Deur Juanita du Preez
Ter viering van Erfenisdag op 23 September het Helpende Hand saam met verskeie organisasies bome by die skuiling Filadelfia Ark in Kameeldrift-Wes in die weste van Pretoria geplant.
Die Dendrologiese Vereniging en die NG Gemeente Lynnwoodweg het 20 inheemse bome voorsien wat by die skuiling geplant is. Die bome (vaderlandswilg, witstinkhout, karee en apiesdoring) is gekies om bestand te wees teen ryp en ander weers- en omgewingstoestande op die terrein.
Die bome is geplant sodat daar binne die volgende drie jaar skaflike koelte op die terrein sal wees. Dit sal ook die omgewing verfraai. Vrugtebome sal aanstaande jaar ingevolge hierdie aksie aangeplant word.
Dirk en Erna van Vuuren het Filadelfia Ark ongeveer ses jaar gelede van stapel gestuur nadat ‘n ernstige behoefte aan behuising vir hawelose mense in en om die Pretoria-/Hartebeespoort-/Brits-omgewing geïdentifiseer is. Tans woon 190 mense op die terrein in tente, Wendy-huise en bestaande steenstrukture. Filadelfia Ark is baie netjies en word volgens streng reëls bestuur. Dit kan dien as ‘n model vir hoe ‘n tuiste vir hawelose mense behoort te funksioneer.
Die Ark ontvang produkte van boere in die Brits-omgewing maar ook van sekere supermarkte, bakkerye en slaghuise. Die voedsel ‒ hoofsaaklik groente, vrugte, brood, mieliemeel en vleis – word deeglik gesorteer, verkoel en herverpak vir lewering aan kerke, skuilings, groepe en individue.
Die Van Vuurens brei tans die blyplek verder uit deur nog Wendy-huise op te rig, wat deur die inwoners self gebou word. Tonnels gaan ook binnekort opgerig word vir groentetuine wat terselfdertyd as ‘n werkskeppingsprojek vir die inwoners sal dien.
Die eienaars het hulself lewenslank verbind om hierdie eiendom as ‘n hawe vir behoeftiges aan te bied.
As jy ook betrokke wil raak by soortgelyke projekte, SMS die woord “hand” na 34388 en ‘n agent sal jou skakel.
http://www.helpendehand.co.za/algemene-nuus/solidariteit-helpende-hand-plant-bome-by-filadelfia-ark-vir-erfenisdag/
Credibility: UP DOWN -2