Description
Niks is belangriker as die beskerming van jou nageslag nie. Waar is die veiligste plekkies in SA vir ons mense? Landkaart: http://www.farmitracker.com/
Afrikaners en Boere raak al hoe meer in 'n ernstige kultuurkrisis omdat hulle omring word deur mense wat nie net volkome volksvreemd is nie, maar wat hulle bowendien ook nog in hul voortbestaan bedreig weens hul velkleur - mense wat hulle almal wil doodmaak.
Mense beskuldig my dikwels van 'mense bangpraat en opsweep', maar dit is nie wat ek doen nie: ek probeer maar net om die mense se oë oop te maak sodat hulle 'n nou nog 'n ordelike besluit kan neem oor wat om met hul onmiddellike toekoms te maak.
Soos die kaart hierbo aandui, is daar nou (nog) plekkies in SA waar dit in vergelyking 'veiliger' is as die res van SA. Maar van die kaart wat 'n mens kan sien op http://www.farmitracker.com/ waarop die ergste geweldsinsidente en haatspraakinsidente ens. spesifiek gerig teen sgn 'blankes' geplaas word vanaf 1 Januarie 2010, word dit al hoe duideliker dat daar net 'betreklike veiligheidsgebiede' bestaan. Ek besef ook dat mense veral nou bedreig word in hul voortbestaan en oorlewingskanse weens die BEE-wette wat hulle verbied om te werk omdat hulle blankes is.
Hulle is hulpeloos en weet nie meer wat om te doen nie. Helpende Hand probeer help maar dit is veral hierdie mense, ook die bejaardes in bejaardehuise. wat ook baie meer dikwels geteiken word as wat 'n mens besef - as jy die insidente op http://www.farmitracker.com/ sien elke dag, is dit ook veral die mees weerlose bejaardes en die jongmense wat geteiken word, selfs deur swart polisiemense.
Daar is oor die afgelope twee jaar veral, 'n sterk verandering waargeneem in die Nguni-stamme se gedrag teenoor blankes in SA - soos die insidente aandui. En dit is wat my baie bekommer. Ons mense moet besef dat as hulle sit en wag vir iemand anders om te besluit wat om te doen om hul gesinne veilig te stel, hulle baie minder oorlewingskanse sal hê.
As jy tog geen werk meer het nie, en volkome platsak is, kan n mens net sowel probeer om weg te kom uit die mees gewelddadige gebiede en nuwe 'oorlewingsstrategieë te ontwikkel'.
Ek weet ek kan maklik praat vanuit my 'veilige woonstelletjie in Friesland' - maar mense, moenie sit en wag vir die een of ander Held op 'n Witperd om julle te red nie. Die enigste held wat julle nou kan help om te oorleef teen hierdie twee-vurk aanslag, (BEE en geweld) is om self te besluit om jou kinders en jou paar goedjies te vat en in 'n veiliger plek te gaan woon, by familie, by vriende, wat jy ook al kan doen. Ons sit ook nie stil in die buiteland nie: ons is besig om strukture op te rig sodat fondse ingesamel kan word om die bestaande hulporganisasies te help, want hulle word nou oorweldig deur die vele honderd-duisende Afrikaners - meer as een-derde van die volksgenote - wat nou desperaat is vir onderdak, voedselhulp, skoon water, klere en komberse. Dit is duidelik dat daar nou net vure doodgeslaan word. Wat nodig is, is 'n veilige gebied waar die Afrikaners en Boere-gesinne hulself kan beskerm op 'n georganiseerde manier. En waar hulle as 'n Volk kan organiseer om hul menseregte op internasionale vlak.
| Credibility: |
 |
 |
0 |
|