Verified

Heidi Christi and Albert Danhauser, homeless Afrikaner couple, missing: parents worried

01:21 Feb 24 2011 Brakpan Voortrekker Road

Description
Jongmense verdwyn net
Heidi Christie en Albert Danhauser.
'n Egpaar van die dorp is baie bekommerd oor hul 24-jarige dogter wie ongeveer drie weke gelede soos 'n groot speld verdwyn het.24 February 2011 | Thelma Koorts
Sarie Roets, stiefma van Heidi Christie, sê dat hulle op elke moontlik plek na haar gesoek het.
"Ek en Heidi se pa, Felix, is rasend en ons hoop dat die publiek ons sal kan help om haar op te spoor," het Roets gesê.
Volgens haar is Heidi moontlik saam met 'n vriend, Albert Danhauser (ouderdom onbekend).
"Ons het egter al by al die plekke waar hulle gewoonlik is aangeklop, maar daar is geen teken van die twee nie," het Roets gesê.
Sy het verduidelik dat die twee jongmense nie 'n vaste blyplek het nie.
"Dit is baie moontlik dat hulle steeds erens in die dorp is en ons is werklik diep bekommerd oor veral Heidi se gesondheid," het sy vertel.
Persone met inligting kan vir Roets by 082 961 7319 skakel.
http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/brakpan/brakpan-news-general?oid=3539656&sn=Detail&pid=490018&Jongmense-verdwyn-net
Credibility: UP DOWN 0