Verified

Van Deemter, Alje and Annemarie, 70, survive hammer-attack, Bloemspruit smallholding

11:00 May 8 2011 Bloemspruit Bloemfontein smallholdings

Description
Alje en Annemarie van Deemter, attacked by hammers, Bloemspruit AH Bloemfontein
2011-05-09 Jana van der Merwe
Bloemfontein - In die soveelste wrede aanval op ’n Vrystaatse kleinhoewe is ’n bejaarde egpaar die naweek getraumatiseerd gelaat nadat twee verdagtes hulle met ’n mes en hamer oorval het.
Dit is die vierde aanval in die misdaadgeteisterde Bloemspruit, Bloemfontein, sedert September verlede jaar.Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdagoggend in hul huis aangeval.
Mnr. Van Deemter se linkerarm is verskeie kere met ’n hamer geslaan soos hy sy kop probeer beskerm het. Dié aanvaller het ’n klapmus gedra. Die hamer het uit die egpaar se motorhuis gekom.
Mev. Van Deemter is erg gekneus. ’n Mes is in ’n stadium teen haar nek gehou.
Mnr. Van Deemter het Sondag uit die Bloemfontein-Medi-Clinic gesê dit is net ’n “Goddelike wonderwerk” dat hy en sy vrou se lewe gespaar is.
“My vrou sê dié ervaring was erger as haar hartomleiding enkele maande gelede.” Mnr. Van Deemter het al ’n heupvervanging gehad en het rugprobleme.
Die egpaar is vanjaar 40 jaar getroud. Dit is wanneer hy oor sy vrou praat dat die emosie hom oorweldig.
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-wreed-aangeval-20110509
Credibility: UP DOWN 0